Karoo Wabi Sabi



Abstract

Ingle, M (2013), Karoo Wabi Sabi: Die Omtowering van ’n Doodgewone Landskap, LitNet Akademies 10(3):607-628.

 

 

Opsomming 

Hierdie essay ondersoek ’n aspek van Suid-Afrika se dorre Karoo wat klaarblyklik nog nie juis baie aandag ontvang het in die literatuur nie. Dít is die relatiewe oorvloed van weggegooide of vanselfsprekende artefakte en strukture wat ’n essensiële deel van die Karoo se mise-en-scène, of besondere omgewing, uitmaak, maar wat, vir die ongeërgde oog, net deel van ’n weggooibare verlede is. Ten einde die sogenaamde weggooigoed tot hulle regmatige plek in die sosiale beeldskap van die Karoo te herstel, word die Japannese estetika van wabi sabi opgeroep en gebruik as ’n lens waardeur hierdie onopsigtelike kenmerke van die ingeleefde landskap vanuit verborgenheid herwin kan word en in ’n meer waarderende lig blootgestel kan word. Alhoewel wabi sabi geen openlik instrumentele waarde het nie, suggereer hierdie essay dat ’n omgewing wat gevul is van wabi sabi, bydraend is tot oorpeinsing en dat die waarde van wabi sabi mag lê in die kreatiewe emosionele reaksie wat dit ontlok by diegene wat sensitief is vir die aangrypende skoonheid daarvan. Die essay sluit af met die gevolgtrekking dat Karoo wabi sabi inherent deel is van die egtheid wat so ’n aantreklike kenmerk van die Karoo se besondere stemmingsvolle atmosferiese omgewing is. Alhoewel die kunsmatige bewaring daarvan nie ’n inherente deel van wabi sabi is nie, vereis dit nogtans die respekvolle sorg wat die hele skepping toekom, op grond van die transendentale waardes wat dit bevat.

Click here to download